Atlas (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Atlas is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is voor 12 November 1980 deur Richard Terrile ontdek op Voyager-foto's en het die voorlopige naam S/1980 S 28 gekry.[3] In 1983 is dit amptelik genoem na Atlas uit die Griekse mitologie omdat dit "die ringe op sy skouers hou", nes die Titaan Atlas die lug bo die aarde opgehou het.[4] Dit is ook bekend as Saturnus XV.
Kitsfeite Ontdekking, Ontdek deur ...
Foto op 12 April 2017 geneem deur Cassini. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Richard Terrile, Voyager 1 |
Datum | Oktober 1980 |
Alternatiewe name | Saturnus XV |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5) | |
Wentelbaanradius | 137 670±10 km |
Wentelperiode | 0,6016947883 d |
Baanhelling | 0,003±0,004 ° |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 40,8 × 35,4 × 18,8 km [2] |
Gem. radius | 15,1±0,9 km [2] |
Volume | ≈ 14 400 km3 |
Massa | 6,60±0,45×1015 kg[2] |
Gem. digtheid | 0,46±0,11 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,0002-0,0020 m/s2 [2] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,0062 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
Temperatuur | ≈ 81 K |
Sluit
Atlas is die naaste maan aan die skerp buiterand van Saturnus se A-ring en daar is lank geglo dit is ’n herdersmaan van dié ring. Dit is egter nou bekend die buiterand van die ring word onderhou deur ’n 7:6-baanresonansie met die groter maar verder geleë mane Janus en Epimetheus.[5] In 2004 is ’n dowwe, dun ring met die voorlopige naam R/2004 S 1 in Atlas se wentelbaan ontdek.[6]