Eijsden-Margraten
From Wikipedia, the free encyclopedia
Eijsden-Margraten (Limburgs: Èèsjde-Mergraote) is 'n munisipaliteit in die Nederlandse provinsie Limburg, wat grens aan die Belgiese provinsie Luik (die Maas-rivier vorm slegs hier die grens met hierdie Waalse provinsie) en aan die Voerstreek van die Vlaamse provinsie Limburg. Die munisipale gebied het sowat 25 000 inwoners (2012) en 'n oppervlakte van 78 km². Eijsden-Margraten is in 2011 gestig en gevorm uit die munisipaliteite Eijsden en Margraten. Laasgenoemde is die administratiewe setel van die nuwe munisipaliteit.
Kitsfeite Land, Provinsie ...
Eijsden-Margraten | |
---|---|
Munisipaliteit | |
Cadier en Keer se omgewing | |
Ligging van Eijsden-Margraten-munisipaliteit in Limburg | |
Koördinate: 50°47′30″N 5°45′22″O | |
Land | Nederland |
Provinsie | Limburg |
Regering | |
• Burgemeester | Dieudonné Akkermans (CDA) |
Oppervlak | |
• Totaal | 77,40 km2 (29,88 vk. myl) |
• Land | 77,40 km2 (29,88 vk. myl) |
• Water | 0,0 km2 (0,0 vk. myl) |
Bevolking | |
• Totaal | 24 979 |
• Digtheid | 323/km2 (836,6/vk. myl) |
Poskode | 6245, 6247, 6251-6252, 6255, 6260-6262, 6265, 6267-6269,6307 |
Skakelkodes | 043 |
Webwerf | www.eijsden-margraten.nl |
Sluit