Pandora (maan)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Pandora (Grieks: Πανδώρα) is ’n binneste maan van Saturnus. Dit is in 1980 ontdek op foto's wat deur Voyager 1 geneem is en het die voorlopige naam S/1980 S 26 gekry.[3] Laat in 1985 is dit amptelik genoem na Pandora in die Griekse mitologie.[4] Dit is ook bekend as Saturn XVII.[5]
Pandora se westelike halfrond. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur | Stewart A. Collins, Voyager 1 |
Datum | Oktober 1980 |
Wentelbaaneienskappe [1] | |
Epog 31 Desember 2003 (JD 2 453 005,5) | |
Halwe lengteas | 141 720±10 km |
Wentelperiode | 0,628504213 d |
Baanhelling | 0,050±0,004 ° |
Satelliet van | Saturnus |
Fisiese eienskappe |
|
Afmetings | 104 × 81 × 64 km [2] |
Gem. radius | 40,7±1,5 km [2] |
Volume | ≈ 280 000 km3 |
Massa | 1,371±0,019×1017 kg[2] |
Gem. digtheid | 0,49±0,06 g/cm3[2] |
Oppervlak- aantrekkingskrag | 0,0026–0,0060 m/s2 [2] |
Ontsnapping- snelheid | ≈ 0,019 km/s |
Rotasieperiode | Sinkronies |
Ashelling | Nul |
0,6 | |
Temperatuur | ≈ 78 K |
Daar is geglo Pandora is ’n herdersmaan in Saturnus se F-ring. Onlangse studies het egter getoon dit speel geen rol nie en dat net Prometheus, die binneste herdersmaan, die smal ring bymekaarhou.[6][7] Dit het meer kraters as die nabygeleë Prometheus en het minstens twee grotes van sowat 30 km in deursnee. Die meeste kraters op Pandora is vlak omdat dit met ruimterommel gevul is. Riwwe en gleuwe kan ook op die oppervlak gesien word.[8]
Dit lyk of Pandora se wentelbaan chaoties is vanweë sy reeks van vier 118:121 baanresonansies met Prometheus.[9] Die duidelikste veranderings in hul wentelbane kom elke sowat 6,2 jaar voor,[1] wanneer Pandora se periapside oplyn met Prometheus se apoapside; dan is hulle sowat 1 400 km van mekaar af. Pandora het ook ’n 3:2-resonansie met Mimas.[1]
Uit sy baie lae digtheid en relatief hoë albedo kan afgelei word Pandora is ’n baie, poreuse, ysagtige voorwerp. Daar is egter groot onsekerheid hieroor en dit moet nog bevestig word.