Paralimpiese Somerspele 1972
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Paralimpiese Somerspele 1972 (Duits: Paralympische Sommerspiele 1972), destyds bekend as die XXIste Wêreldspele van die verlamdes, is tussen 2 en 11 Augustus 1972 in Heidelberg, Wes-Duitsland, aangebied. Tydens die geleentheid het 922 atlete uit 42 nasies aan 188 items in 10 verskillende sportsoorte deelgeneem.[1]
IVe Paralimpiese Somerspele | ||||||||||||||||||||||||
|
Dit was die vierde Paralimpiese Spele wat aangebied is. Die naam "Paralimpiese Spele" is deur die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) in 1984 aanvaar, terwyl die Internasionale Paralimpiese Komitee (IPK) in 1989 gestig is.
Suid-Afrika behaal 'n vierde plek tydens die Spele net na Wes-Duitsland, die Verenigde State en die Verenigde Koninkryk met 41 medaljes (sestien goud, twaalf silwer en dertien brons).
Die Olimpiese Somerspele 1972 is tussen 26 Augustus en 11 September in München gehou.