Toorberg
roman deur Etienne van Heerden / From Wikipedia, the free encyclopedia
Toorberg is 'n veel bekroonde roman deur die Afrikaanse skrywer Etienne van Heerden.[1][2][3] Met dié roman het Van Heerden die CNA-prys vir Letterkunde, die W.A. Hofmeyr-prys en die Hertzogprys gewen. Laasgenoemde prys is die hoogste toekenning wat 'n literêre werk in Afrikaans kan ontvang. Die roman het hom ook die ATKV-prys vir goeie en gewilde lektuur besorg. Die roman word hoog aangeskryf deur letterkundiges en is volgens die ATKV 'n lekkerlees-boek vir die "gewone" leser.
Hierdie artikel moet skoongemaak of andersins verbeter word. Hierdie artikel voldoen nie tans aan die hoë gehaltestandaarde waarna Wikipedia streef nie. Voel vry om self in te spring en verbeterings te maak, en verwyder hierdie kennisgewing ná die tyd. Vir meer hulp, sien die redigeringshulp. Daar is moontlik kommentaar in die artikel of op die besprekingsblad oor wat verbeter moet word. |
- Hierdie artikel handel oor die Etienne van Heerden-roman. Vir die berg in Graaff-Reinet, sien Toorberg (berg).
Die verhaal is gebaseer op 'n ware gebeurtenis wat baie in die nuus was, dié van 'n kind wat in 'n put geval het en hoe daar gesukkel is om die kind uit te haal. Die gebeure het die verbeelding van die hele Suid-Afrika aangegryp. Die kind in die werklike gebeure is lewend uit die gat gehaal, maar Van Heerden het hierdie gegewe verwerk tot 'n ander verhaal. In Toorberg kombineer hy hierdie verhaal met die familieverhaal van 'n denkbeeldige familie op 'n familieplaas.
Toorberg val baie duidelik onder die roman-genre. Daar is 'n baie duidelike verhaalverloop. Die verhaal strek oor 'n lang tydperk en behels 'n hele familiegeskiedenis - 'n groot aantal karakters figureer in die verhaal.
Die hele verhaal speel af op die plaas, Toorberg. Toe StamAbel die plaas betrek het, was daar 'n fontein of Oog bó in die berg. Die berg word pertinent op die voorblad van die boek uitgebeeld: 'n tafelbergagtige berg met 'n plat plato. Die plaas waar die gebeure afspeel, is baie belangrik vir die Moolmangeslag.
Die verhaal word in die derdepersoonsvertelling aangebied.