Wolf Totem (rolprent)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Wolf Totem ((zh) 狼图腾, Frans: Le dernier loup, "Die Laaste Wolf") is 'n dramafilm uit 2015 wat gebaseer is op Jiang Rong se gelyknamige Chineestalige semi-outobiografiese roman uit 2004. Die Chinees-Franse mede-produksie staan onder regie van die Franse regisseur Jean-Jacques Annaud, en handel oor 'n Chinese student wat na Binne-Mongolië gestuur word om herders te onderrig, maar in pleks hiervan oor die wolfpopulasie, wat deur 'n regeringsapparatsjik bedreig word, leer.
Wolf Totem | |
---|---|
Regisseur | Jean-Jacques Annaud |
Kinematografie | Jean-Marie Dreujou |
Redigeerder | Reynald Bertrand |
Verspreider |
|
Land |
|
Taal |
|
Begroting | VS$38 miljoen[1] |
Bruto wins | VS$125.7 miljoen[2] |
Die Beijing Forbidden City Film Corporation het aanvanklik probeer om 'n Chinese regisseur in diens te neem, maar die verfilming van mense saam met wilde wolwe is as te moeilik beskou. Die Nieu-Seelandse regisseur Peter Jackson is genader, maar die produksie het nie plaasgevind nie. China het Annaud, wie se film Seven Years in Tibet in 1997 in China verbied is, se reisverbod opgehef, en hy is hierna aangestel om die regie van Wolf Totem waar te neem. Die film is vervaardig deur China Film Group en die Frans-gebaseerde Reperage. Die Franse regisseur, wat reeds in ander rolprente saam met diere gewerk het, het 'n dosyn wolfhondjies in China aangeskaf en hulle laat oplei deur Andrew Simpson, 'n Kanadese dierekenner. Annaud het met 'n produksiebegroting van VS $38 miljoen meer as 'n jaar lank aan Wolf Totem in Binne-Mongolië, waar die boek ook afspeel, geskiet.
Die film het sy Europese première op 7 Februarie 2015 gehad. Dit is op 19 Februarie 2015 in China uitgereik, betyds vir die begin van die Chinese Nuwejaar, en op 25 Februarie 2015 in Frankryk. Daar is oorspronklik berig dat die film gekies is as die Chinese inskrywing vir die Oscar vir beste film in 'n buitelandse taal. [3] Toe die finale lys egter deur die Akademie aangekondig is, was China se voorlegging Go Away Mr. Tumor deur Han Yan. [4] Dit was ook die laaste film wat deur James Horner uitgereik is voor sy dood 4 maande later in Junie 2015.