Google Chrome
From Wikipedia, the free encyclopedia
Google Chrome is 'n oopbron webblaaier wat deur Google ontwikkel word en ten doel het om 'n veiliger, vinniger, en meer gebruikersvriendelike webblaaier daar te stel wat gevorderde webtoepassings kan ondersteun.
Kitsfeite Ontwikkelaar, Bedryfstelsel ...
Google Chrome | |
Ontwikkelaar | |
---|---|
Bedryfstelsel | Windows, Linux, Mac OS X |
Kategorie | Webblaaier |
Lisensie | BSD-lisensie |
Webblad | google.com/chrome |
Sluit
Google Chrome maak van die WebKit-vertoonenjin gebruik. Dit maak ook deels gebruik van ander oopbrontegnologieë, veral dié van Mozilla. Google Chrome is gebaseer op Chromium, een van Google se oopbronprojekte.[1]