Kepler-452b
eksoplaneet / From Wikipedia, the free encyclopedia
Kepler-452b is ’n eksoplaneet wat om ’n G-tipe-ster, Kepler-452, wentel. Dit is deur die Kepler-ruimteteleskoop ontdek en Nasa het die ontdekking op 23 Julie 2015 aangekondig.[2] Dit is die eerste eksoplaneet byna so groot soos die Aarde wat ontdek is in die bewoonbare sone van ’n ster soortgelyk aan die Son.[3] Naas Kepler-438b stem die ster die meeste met die Aarde ooreen, maar dit is nie bekend of Kepler-452b ’n rots- of klein gasplaneet is nie.[4] Gebaseer op sy digtheid, is dit waarskynlik ’n rotsplaneet.
Kitsfeite
Kepler-452b | ||||
Eksoplaneet | ||||
’n Kunstenaarsvoorstelling van Kepler-452b. | ||||
Moederster | Kepler-452 | |||
Ster se eienskappe | ||||
Sterrebeeld | Swaan | |||
Regte klimming | 19h 44m 00.89s[1] | |||
Deklinasie | +44° 16′ 39.2″[1] | |||
Skynmagnitude (m) | 13,426 (?) | |||
Afstand (ligjaar) | 1 400 ligjare | |||
Metaalinhoud | [Fe/H] 0,21±0,09[1] | |||
Ouderdom | 6±2 miljard jaar[1] | |||
Spektraaltipe | G2[1][2] | |||
Planeet | ||||
Massa | 5±2 M⊕ | |||
Radius | 1,63+0,23−0,20 R⊕[1] | |||
Temperatuur | 265+15−13 K[1] | |||
Wentelperiode | 385 dae | |||
Ontdekking | ||||
Datum | 23 Julie 2015 (aangekondig) | |||
Ontdekkers | Kepler-ruimteteleskoop | |||
Metode | Oorgang | |||
Status | Gepubliseer | |||
|
Sluit
Die ster is 1 400 ligjare van die Sonnestelsel af; teen die spoed van die New Horizons-tuig sal dit sowat 25,8 miljoen jaar duur om dit te bereik.[5]