Kwartêr
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Kwartêr of Kwarternêr is op die geologiese tydskaal die jongste geologiese periode. Dit beslaan die afgelope 2,58 miljoen jaar tot op hede en is die laaste onderverdeling van die era Kainosoïkum. Dit volg op die Neogeen en is onderverdeel in twee tydvakke: die Pleistoseen en Holoseen.
Meer inligting Era, Periode ...
Era | Periode | Epog | Tyd gelede (in miljoen jaar) |
---|---|---|---|
Kainosoïkum | Kwartêr | Holoseen | 0 - 0,0117 |
Pleistoseen | 0,0117 - 2,588 | ||
Neogeen | Plioseen | 2,588 - 5,333 | |
Mioseen | 5,333 - 23,03 | ||
Paleogeen | Oligoseen | 23,03 - 33,9 | |
Eoseen | 33,9 - 56,0 | ||
Paleoseen | 56,0 - 65,5 | ||
Mesosoïkum | Kryt | Laat | ouer |
Sluit
Die Kwartêr is in 1760 as die "vierde onderverdeling" voorgestel deur Giovanni Arduino[1] Die voorafgaande periode is eers die "Tersiêr" genoem, maar dit word nie meer as ’n amptelike periode beskou nie[2][3][4][5] hoewel die term nog algemeen gebruik word.