Tersiêr
From Wikipedia, the free encyclopedia
Tersiêr is die voormalige naam van die geologiese tydperk van 66 miljoen tot 2,58 miljoen jaar gelede, ’n tyd tussen die voorafgaande Sekondêr en huidige Kwartêr. Die Tersiêr word nie meer as ’n amptelike tydperk beskou nie,[1][2][3][4] maar die woord word nog algemeen gebruik. Die tradisionele Tersiêr word nou verdeel tussen die Paleogeen- en die Neogeen-periode en strek tot aan die begin van die Pleistoseen-epog.
Meer inligting Era, Periode ...
Era | Periode | Epog | Tyd gelede (in miljoen jaar) |
---|---|---|---|
Kainosoïkum | Kwartêr | Holoseen | 0 - 0,0117 |
Pleistoseen | 0,0117 - 2,588 | ||
Neogeen | Plioseen | 2,588 - 5,333 | |
Mioseen | 5,333 - 23,03 | ||
Paleogeen | Oligoseen | 23,03 - 33,9 | |
Eoseen | 33,9 - 56,0 | ||
Paleoseen | 56,0 - 65,5 | ||
Mesosoïkum | Kryt | Laat | ouer |
Sluit
Die tydperk het begin met die uitsterwing van nievlieënde dinosourusse in die Kryt-Paleogeen-uitwissing en het gestrek tot aan die begin van die Kwartêre Ystydperk aan die einde van die Plioseen.