Noordelike Provinsie (Zambië)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Die Noordelike Provinsie is een van Zambië se nege provinsies en, soos die naam aandui, in die noorde van die land geleë. Dit grens in die weste aan Luapula, in die noorde aan Tanzanië en die Demokratiese Republiek van die Kongo en in die suide aan die Sentrale Provinsie en aan die Oostelike Provinsie.
Die provinsie beslaan 147 106 km² en die geskatte bevolking was in 2000 1 604 388.[1] Die hoofstad is Kasama. Die ander vername dorpe is Mpika, Isoka en Mpulungu.