К (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
К (kleinletter: к) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet en moenie met die letter K/k in die Latynse alfabet verwar word nie. Dit word uitgespreek as /k/. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam kako (како) en het dit ’n syferwaarde van 20 gehad.