Ѕ (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ѕ (kleinletter: ѕ) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet wat nog net in Masedonies gebruik word en moenie met die letter S in die Latynse alfabet verwar word nie. Dit word uitgespreek as /dz/ en is voorheen ook in Russies en Oekraïens gebruik. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam dzjelo (ѕѣло) en het dit ’n syferwaarde van 6 gehad.