Й
From Wikipedia, the free encyclopedia
Й (kleinletter: й) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet wat in Russies, Oekraïens en Bulgaars gebruik word. Dit word "kort I" (Russies: И краткое, I kratkoje; Bulgaars: И кратко, I kratko) genoem en uitgespreek as /j/. Hoewel die letter al in omstreeks die 15de eeu gebruik is, het dit eers in die 1930's amptelike status gekry.