Ot (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ѿ (kleinletter: ѿ) is ’n letter van die ou Cyrilliese alfabet wat nog net in Kerkslawies gebruik word. Dit word "ot" genoem.
Meer inligting Cyrilliese letter Ѿ, Cyrilliese alfabet ...
Cyrilliese letter Ѿ | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Cyrilliese alfabet | |||||||
А | Б | В | Г | Ґ | Д | Ђ | |
Ѓ | Е | Ё | Є | Ж | Ѕ | З | |
И | І | Ї | Й | Ј | К | Л | |
Љ | М | Н | Њ | О | П | Р | |
С | Т | Ћ | Ќ | У | Ў | Ф | |
Х | Ц | Ч | Џ | Ш | Щ | Ъ | |
Ы | Ь | Э | Ю | Я | |||
Ou letters | |||||||
Ҁ | Ѹ | Ѡ | Ѻ | Ѿ | Ѣ | Ꙗ | |
Ѥ | Ѧ | Ѫ | Ѩ | Ѭ | Ѯ | Ѱ | |
Ѵ | Ѷ | Ѳ |
Sluit
Howel dit van die letters "omega" (Ѡ ѡ) en "te" (Т т) afgelei is, was dit ’n letter op sy eie, tussen Х en Ц in die alfabet. Dit kan gesien word in die eerste gedrukte Cyrilliese abecedarium (sien links).
In Kerkslawies word dit gebruik vir die voorsetsel отъ (ot, "van") en die voorvoegsel от- (ot-). Dit word nie op ander plekke gebruik waar ’n "о" en "т" langs mekaar staan nie.