И
From Wikipedia, the free encyclopedia
И (kleinletter: и) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet. Dit word uitgespreek as /i/ in Russies, Bulgaars, Serwies en Masedonies en as /ɪ/ in Oekraïens. Soms word dit in Russies ook as /ɨ/ uitgespreek. In die ou Cyrilliese alfabet was die letter se naam izje of ik (ижє, икъ) en het dit ’n syferwaarde van 8 gehad.