Ё (Cyrillies)
From Wikipedia, the free encyclopedia
Ё (kleinletter: ё) is ’n letter van die Cyrilliese alfabet wat in Russies, Belarussies en ’n paar Turkse tale gebruik word en moenie met die Afrikaanse letter E met ’n deelteken verwar word nie. Die letter is in 1797 deur onder andere die Russiese historikus Nikolai Karamzin gewild gemaak, maar is eers in die veertigerjare van die 20ste eeu gestandaardiseer.
Cyrilliese letter Ё | |||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Cyrilliese alfabet | |||||||
А | Б | В | Г | Ґ | Д | Ђ | |
Ѓ | Е | Ё | Є | Ж | Ѕ | З | |
И | І | Ї | Й | Ј | К | Л | |
Љ | М | Н | Њ | О | П | Р | |
С | Т | Ћ | Ќ | У | Ў | Ф | |
Х | Ц | Ч | Џ | Ш | Щ | Ъ | |
Ы | Ь | Э | Ю | Я | |||
Ou letters | |||||||
Ҁ | Ѹ | Ѡ | Ѻ | Ѿ | Ѣ | Ꙗ | |
Ѥ | Ѧ | Ѫ | Ѩ | Ѭ | Ѯ | Ѱ | |
Ѵ | Ѷ | Ѳ |
Dit is ’n unieke letter wat uit die Cyrilliese (e) ontstaan het. Dit word as /jo/ uitgespreek en is feitlik altyd beklemtoon. As ’n woord met ’n (ё) verbuig of ’n samestelling gevorm word en die klem skuif na ’n ander plek in die woord, verander die (ё) in ’n gewone onbeklemtoonde (e), wat as /i/ uitgespreek word. Voorbeeld: Die naam Petrograd (Петроград) is afgelei van die naam Pjotr (Пётр). In Russies skuif die klem in Petrograd na die "grad"-gedeelte van die naam en die (ё) verander in ’n onbeklemtoonde (e); dit word dus "Pitragrád" uitgespreek.
In Engels word die letter dikwels as ’n "e" beskou en so getranslitereer, en dit lei tot die verkeerde uitspraak van name. So is die bekende naam "Potemkin" byvoorbeeld in Russies Потёмкин, en die uitspraak is dus "Potjómkin". So ook word die van van Michail Gorbatsjof, wat in Engels as Gorbachev getranslitereer word, in Russies as Горбачёв geskryf, wat 'n uitspraak van "Ghorbatsjóf" aandui.